Laerskool Unitas

Laerskool Unitas is ’n unieke Afrikaanse skool in die sentrale Bosveld. Daar is 77 leerlinge vir 2021 by die skool ingeskryf en kom onder andere uit die volgende omgewings: Tolwe, Baltimore, Marnitz, Swartwater, Maasstroom, Tom Burke en Botswana.

Die Personeel van die skool bestaan uit 7 Onderwyseresse, die Hoof, een Administratiewe dame en ’n Faktotum.

Fondse en begroting

Oorspronklik het ons drie Departementele aanstellings gehad. Die Departement van Onderwys het aan die begin van die jaar ’n Departementele pos gesny. Posvoorsiening word bepaal deur die hoeveelheid ingeskrewe leerders by ’n skool, asook die Kwintiel van ’n skool. Alhoewel ons probeer het om die pos te behou is dit deur die Departement afgekeur. Die pos word dus nou ’n Beheerliggaamaanstelling. Hierdie het ’n groot implikasie op ons skool se Finansies. Teen die tyd wat die Departement die pos afgekeur het, was ons begroting reeds goedgekeur vir 2021.

Omdat ons ’n Kwintiel  5 skool is met baie min leerders kry ons bitter min finansiële hulp van die Departement van Onderwys, dus plaas dit baie stremming op die Beheerliggaam en Ouers om fondse te in vir ons skool en ons standaard te handhaaf.

Sport

By Laerskool Unitas moet leerders net die beste onderrig ontvang en na die beste van hulle vermoë vorder. Geen steen word onaangeroer gelaat om dit te bereik nie.

Die doel van ons skool  is ook om sport by die skool te bevorder en om die vaardighede van atlete optimaal te ontwikkel.

Ons leerders neem deel aan die volgende sportsoorte: atletiek, rugby, netbal, krieket en hokkie.

Kultuur

Op Kultuurgebied neem ons gretig deel aan WOW Spelkompetisie, Bosveldkunsfees, Eisteddfod, Redenaars en hou al om die ander jaar groot Konsert.

Ons rus ons leerders toe met vaardighede om eendag volwaardige Suid-Afrikaanse Burgers te wees. Ons is trots op ons skool.

Bank besonderhede

Indien U graag die skool wil ondersteun en fondse bydra:

Laerskool Unitas
ABSA Bank
Takkode: 334 348
Tjekrekening
Rek nr: 103 968 0463
Verwysing: U naam en waarvoor die betaling gemaak word

Epos: hoof@lsunitas.co.za

Die uwe

M de Beer

Hoof

Tel: 015 065 0491
Sel: 082 906 9198
Faks: 086 510 3138
Admin: hoof@lsunitas.co.za
Finansies:finansies@lsunitas.co.za

Gholfdag Fondsinsameling

Allways Fresh het op 08 Oktober ‘n gholfdag gehou ten bate van Learskool Unitas. Die dag het R110,000 vir Laerskool Unitas ingesamel.

We'd like to hear from you

Our team of experts is on hand to answer your questions.

In compliance with the new POPI Act, please take note of our Privacy Policy

+27 (0)11 825 0659

2 Monte Carlo Drive Raceway Business Park Gosforth Park, Germiston